R240,00
Behalwe vir haar kloustrofobie, is Emily van Lynden se lewe perfek. Êrens moes sy iets reg gedoen het om ‘n man soos Zander te kry. ‘n Man wat haar liefhet ten spyte van haar eienaardighede.
Nuus dat Zander vermoedelik in ‘n motorbomontploffing oorlede is, verpletter Emily se perfekte lewe.
Wanneer Zander ‘n paar dae later ongedeerd by die huis opdaag en daarop aandring om Alex genoem te word, voel dit vir Emily soos die begin van die einde.
Haar eens liefdevolle man, is nou afsydig, koud, intimiderend, en selfs by tye wreed.
Klein ruimtes is nie meer haar enigste vrees nie. Haar vrees het ‘n stem gekry en ‘n gesig. Die gesig van die man wat sy liefhet.
ISBN: | 978-0-7961-5903-8 |
---|---|
Genre: | Sielkundige Riller |
Formaat: | Sagteband |